MATTEUS 18:1-3

MATTEUS 18:1-3 NLV

In daardie tyd het die dissipels na Jesus toe gekom met die vraag: “Wie van ons sal die belangrikste wees in God se koninkryk?” Jesus roep toe ’n klein kindjie nader en laat dié tussen hulle staan. Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie.