MATTEUS 8:1-3

MATTEUS 8:1-3 NLV

Toe Jesus van die berg af kom, het ’n groot skare Hom gevolg. Daar kom toe onverwags ’n man met ’n ernstige velsiekte nader en val voor Jesus neer met die woorde: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn.