Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar. Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belange van sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek. Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie. ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê. Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie. Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie. As daar van ou gras hooi gemaak is, die gras weer begin uitloop, en die voer uit die berge ingebring is, sal die skape weer wol gee en die bokke verkoop word vir die prys van ’n stuk grond. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin en ook nog jou slavinne te onderhou.
Lees SPREUKE 27
Luister na SPREUKE 27
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 27:17-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's