Yster slyp yster, en een mens slyp die aard van 'n ander. Wie 'n vyeboom versorg, sal sy vrugte eet, en wie na sy meerdere omsien, sal geëer word. Soos water 'n gesig weerspieël, so weerspieël die hart van 'n mens hom. Die •doderyk en die onderwêreld word nie versadig nie, en die oë van 'n mens word ook nie versadig nie. 'n Smeltkroes is vir silwer, en 'n smeltoondjie vir goud, en 'n man word beoordeel volgens die lof wat hy ontvang. Selfs as jy 'n sot tussen garskorrels in 'n stampblok stamp met 'n stamper, sal sy sotheid nie van hom wyk nie. Let goed op die voorkoms van jou kleinvee; gee aandag aan jou veetroppe, want rykdom hou nie vir altyd nie. Of sal 'n kroon altyd daar wees van geslag tot geslag? Wanneer die hooi verwyder is, die jong gras verskyn, en die voer uit die heuwels versamel is, is die jong ramme daar vir jou bokleed, en die bokramme vir die prys van 'n saailand. Daar sal genoeg bokmelk wees as kos vir jou, as kos vir jou huis, en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
Lees Spreuke 27
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 27:17-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's