PSALMS 146:1-5

PSALMS 146:1-5 NLV

Prys die HERE! Met my hele wese wil ek die HERE loof. Ek wil die HERE prys solank ek lewe. Ek wil lofliedere bring aan my God terwyl ek nog daar is. Moenie op magtiges vertrou, of op mense wat nie kan red nie. Sy asem hou op, en hy word weer grond. Skielik kom al sy planne tot ’n einde. Gelukkig is hy wie se hulp die God van Jakob is, wat sy hoop vestig op die HERE sy God