Psalms 146:1-5

Psalms 146:1-5 AFR20

Halleluja! Loof die HERE, o my siel! Ek wil die HERE loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan. Moenie op vooraanstaandes vertrou nie, op 'n mens, by wie daar geen verlossing is nie. Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond; op daardie dag is sy planne daarmee heen. Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die HERE, sy God