PSALMS 92:2-9

PSALMS 92:2-9 NLV

Dit is goed om die HERE te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste; om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid, met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier. U groot dade maak my bly, HERE! Ek juig oor u handewerk. Hoe groot is u werke, HERE! Hoe diep is u gedagtes! Net ’n onkundige sal dit nie weet nie! Net ’n dwaas sal dit nie verstaan nie! Die goddeloses floreer soos onkruid, en boosdoeners woeker met sukses; tog sal hulle vir goed vernietig word. Maar U is hoog verhewe. U, HERE, bestaan vir ewig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 92:2-9