PSALMS 92:2-9

PSALMS 92:2-9 AFR83

Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou, om dit te doen met snaarinstrumente, met harp en lier. U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word. U regeer vir ewig, Here

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 92:2-9