Hierna het ek gekyk, en werklikwaar – daar was ’n reuse skare mense wat niemand eers kon tel nie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taalgroep, en het voor die troon en voor die Lam gaan staan. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande. Met ’n kragtige stem het hulle uitgeroep: “Ons verlossing is te danke aan God wat op die troon sit en aan die Lam!” Al die engele het ook rondom die troon gaan staan, asook die ouderlinge en die vier lewende wesens. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon en God aanbid en gesê: “Amen, die lofprysing en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eerbetoning, die mag en die sterkte behoort aan ons God vir altyd. Amen!” Een van die ouderlinge reageer toe en vra my: “Hierdie mense wat wit klere aanhet, wie is hulle en waarvandaan kom hulle?” Ek het aan hom gesê: “Meneer, u is die een wat weet.” Daarop sê hy vir my: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere wit gewas in die bloed van die Lam. Daarom staan hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tentwoning oor hulle span. Hulle sal nie meer honger of dors word nie; die son sal nie op hulle neerskroei nie en ook nie ’n hittegloed nie. Die Lam wat in die middel by die troon staan, sal hulle soos ’n herder lei en hulle na die waterfonteine van die lewe bring; en God sal elke traan van hulle oë afdroog.”
Lees OPENBARING 7
Luister na OPENBARING 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: OPENBARING 7:9-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's