Jy moet soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus ook swaarkry saam met die ander gelowiges. 'n Soldaat wat besig is om sy werk te doen en wat wil hê dat sy offisier tevrede moet wees met hom, moenie ook ander werk wil doen nie. Dit is soos wanneer iemand deelneem aan 'n atletiekbyeenkoms. Hy moet gehoorsaam wees aan al die reëls, anders kan hy nie wen nie. Die boer wat hard gewerk het, moet die eerste persoon wees wat mag eet van die koring of die vrugte. Jy moet goed dink oor wat ek vir jou sê, want die Here sal jou help om dit alles goed te verstaan. Jy moet altyd aan Jesus Christus dink. Hy was van die nageslag van Dawid, en God het Hom weer laat lewe. Dit is die goeie boodskap wat ek preek. En omdat ek hierdie goeie boodskap preek, het die mense my laat swaarkry en hulle het my soos 'n skelm toegesluit in die tronk. Maar hulle kan nie die boodskap van God in die tronk toesluit en dit keer nie. Daarom is ek tevrede en hou ek aan om te doen wat ek moet doen. God het mense gekies, en ek doen dit vir daardie mense. Ek wil hê dat Christus Jesus ook vir hulle moet red en dat hulle vir altyd by God kan wees, God wat Koning is. Wat ek nou wil sê, is waar: Christus het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf. God het vir Christus weer laat lewe, daarom sal ons ook saam met Christus lewe. As ons aanhou om in Christus te glo, dan sal ons ook saam met Hom regeer soos konings. As ons nie vir mense wil sê dat ons aan Christus behoort nie, dan sal Christus sê dat ons nie aan Hom behoort nie. As ons ontrou is, dan sal Christus nog altyd doen wat Hy belowe het, want Hy kan nie anders wees as wat Hy is nie.
Lees 2 Timoteus 2
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 2 Timoteus 2:3-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's