Amos 1:1-2

Amos 1:1-2 ABA

Die woorde van Amos. Amos was 'n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas. Amos het gesê: “Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos 'n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Amos 1:1-2