Amos 1:1-2

Amos 1:1-2 DB

Amos het die Here se boodskap gebring toe Ussia die koning van Juda in die suide was. Joas se seun Jerobeam was toe koning van Israel in die noorde. Amos het by Tekoa met skape geboer. Twee jaar voor die groot aardbewing het die Here hom ’n gesig oor die Noordryk van Israel laat sien. Hy het so daaroor gepraat: “Die Here brul soos ’n leeu in Sion. Sy stem weergalm deur Jerusalem. Die weivelde vir die diere verdroog. Die gras bo-op Karmel gaan dood.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Amos 1:1-2