Kolossense 4:2-4

Kolossense 4:2-4 ABA

Julle moenie ophou bid nie, julle moet wakker wees en julle moet altyd vir God dankie sê. Julle moet ook vir ons bid. Ons wil graag hê dat God vir ons moet stuur om weer te gaan preek en vir mense die boodskap oor Christus te bring. Dit is 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie, maar God het dit nou vir ons gesê. Ek is nou in die tronk omdat ek die boodskap oor Christus gepreek het. Julle moet vir my bid dat ek oor daardie boodskap sal preek en dat ek dit sal verduidelik soos ek moet.