Jeremia 35:15

Jeremia 35:15 ABA

Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na julle toe te stuur en Ek het vir julle gesê: ‘Asseblief, julle moet terugkom, elkeen moet terugkom en hy moet die slegte pad los wat hy loop. Julle moet reg lewe en julle moenie ander gode dien nie, dan mag julle aanhou woon in die land wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het. Maar julle het nie geluister na My nie, julle was nie gehoorsaam nie.