Lasarus was siek. Hy het in Betanië gewoon. Betanië was 'n dorpie waar Lasarus se susters Maria en Marta ook gewoon het. Dit was Maria wat lekkerruik-olie op die Here se voete uitgegooi het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Haar broer Lasarus was siek. Die twee susters het iemand gestuur om vir Jesus te sê dat Lasarus siek is, Lasarus vir wie Jesus lief was. Toe Jesus hoor dat Lasarus siek is, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie vir Lasarus doodmaak nie. God sal sy siekte gebruik om te wys dat Hy God is. Dan sal die mense kan sien dat Ek, die Seun van God, ook God is.” Jesus was lief vir Marta en haar suster en vir Lasarus. Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan weer na Judea.” Sy dissipels het gesê: “ Rabbi, nie lank gelede nie wou die Jode U daar doodgooi met klippe. Hoekom wil U nou weer daarnatoe gaan?” Jesus het gesê: “'n Dag het twaalf ure. Wanneer 'n mens in die dag loop, dan val hy nie, want hy sien die lig van die son, die lig van hierdie wêreld. Maar wanneer iemand in die nag loop, dan val hy, want daar is nie lig nie.” Toe sê Jesus: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, dit is goed dat hy slaap. Dan sal hy gesond word.” Toe Jesus gesê het Lasarus slaap, het dit beteken Lasarus is dood. Die dissipels het gedink Jesus praat van slaap soos 'n mens in die nag slaap. Jesus het toe reguit vir hulle gesê: “Lasarus is dood. Ek is bly Ek was nie daar toe Lasarus gesterf het nie. Dit is goed vir julle, want wat Ek sal doen, sal julle help om te glo. Kom ons gaan nou na hom toe.” Tomas, sy ander naam was “Tweeling,” het vir die ander dissipels gesê: “Kom ons gaan saam met Jesus, sodat ons saam met Hom kan sterf.” Toe Jesus in Betanië aankom, het Hy gehoor dat Lasarus vier dae in die graf is. Betanië was naby Jerusalem, omtrent 15 stadioi van Jerusalem. Baie Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle te troos omdat hulle broer Lasarus dood is. Toe Marta hoor dat Jesus kom, gaan sy na Hom toe om Hom te verwelkom. Maria het in die huis bly sit. Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U hier was, dan het my broer nie gesterf nie
Lees Johannes 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 11:1-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's