Die volgende dag het die mense gehoor dat Jesus na Jerusalem kom. Daar was baie mense in Jerusalem om die Paasfees te vier. Hulle het takke van palmbome geneem en hulle het na Jesus toe gegaan. Hulle het hard geskree: Prys God! Prys die Man wat kom. Die Here het Hom gestuur, Hy is die Koning van Israel. Jesus het 'n jong donkie gekry en Hy het op die donkie gaan sit. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is: Sion, jy moenie bang wees nie, want jou Koning kom na jou toe, Hy ry op 'n jong donkie. Jesus se dissipels het nie dadelik verstaan wat gebeur het nie. Hulle het later verstaan toe God gewys het Jesus is ook God. Hulle het toe teruggedink aan die dag toe Jesus op 'n jong donkie in Jerusalem ingery het en hulle het verstaan dat die mense gedoen het soos daar in die Ou Testament oor Jesus geskryf is. Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep het en hom weer laat lewe het, het oral vertel wat Jesus gedoen het. Daarom het baie mense na Jesus toe gegaan toe Hy na Jerusalem gekom het. Hulle het gehoor dat Jesus hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Kan julle sien, ons kry niks reg nie. Al die mense gaan saam met Jesus!”
Lees Johannes 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 12:12-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's