Matteus 8:1-3

Matteus 8:1-3 ABA

Jesus het afgekom van die berg, en baie mense het saam met Hom gegaan. Daar kom toe 'n melaatse man na Jesus toe en hy kniel voor Hom. Hy het vir Jesus gesê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.” Die man het dadelik gesond geword. Hy was nie meer melaats nie.