Al die volke moet luister. Almal wat op die aarde woon, moet luister. Die Here sal sê wat julle verkeerd gedoen het. Hy kom uit sy gewyde tempel, Hy kom van die plek waar Hy woon. Hy kom af uit die hemel en Hy trap die offer-plekke in die land plat. Wanneer Hy kom, dan smelt die berge en die valleie onder Hom. Hulle verdwyn soos iets wat smelt in vuur, soos water wat afloop teen 'n heuwel. Die Here kom omdat die Israeliete, die nageslag van Jakob, sonde gedoen het. Samaria is die plek waar die Israeliete sonde gedoen het, Jerusalem is die offer-plek waar die mense van Juda offer. Die Here sê: “Ek sal Samaria heeltemal verwoes. Mense sal wingerde plant waar die stad was. Ek sal Samaria se geboue afbreek. Daar sal net 'n paar klippe oorbly. Die vyande sal die beelde in Samaria stukkend slaan en hulle sal die presente verbrand wat die mense na die tempel gebring het. Dit was presente vir tempel-prostitute, en die vyande sal dit gebruik om ander tempel-prostitute te betaal.”
Lees Miga 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 1:2-7
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's