Die eerste boodskap klink so: “Luister, asseblief! Alle volke en mense wat op die aarde bly, kyk mooi wat gaan gebeur! Die Here is Koning en Hy maak ’n regsaak teen julle. Meer as dit nog, Hy sal teen julle getuig. Die Here is in sy tempel, maar Hy wil hê julle moet hoor wat Hy te sê het. “Kyk, Hy gaan weg van sy hemelse paleis af en kom aarde toe. Hy loop op die hoë bergtoppe. Almal sal weet Hy het gekom, want die aarde wys dit. Die berge smelt weg en die valleie skeur oop. Dit lyk net soos wanneer ’n mens kerswas in ’n vuur sou smelt. Die was word loperig van die hitte en loop net soos water teen die kante van die berge af. Dit is soos vuurwarm lawa wat afloop. Hoekom gebeur dit? Omdat die hele Israel opstandig is teen die Here en verkeerde dinge doen. Wie moet die blaam dra dat die mense van die noordelike koninkryk opstandig is? Die hoofstad, Samaria, natuurlik! En waar is offerplekke vir afgode in die suidelike koninkryk gebou? Binne-in Jerusalem. “Hoor wat sê die Here hieroor: ‘Ek gaan Samaria soos ’n hoop rommel maak wat in die oop veld lê. Samaria sal nie meer ’n plek wees om in te bly nie, maar ’n plek waar ’n mens eerder ’n wingerd sal aanplant. Die stad gaan heeltemal verwoes word. Ek gaan die klippe waarmee die stad gebou is, teen die rante laat afrol tot onder in die laagtes. Net die kaal fondamente sal oorbly. Ek gaan verder al die beelde wat in die stad is, stukkend slaan. Die mense moes betaal om deel te kon neem aan seremonies waarin die gode vereer is. As betaling moes hulle sekere goed na die afgodstempels gebring het. Ek sal al hierdie goed met vuur verbrand,’ sê die Here. ‘Ek sê weer, Ek gaan al die afgodsbeelde verpletter. Hierdie beelde en al die kosbare goed in die tempel is in die begin gekoop uit die betalings wat prostitute gekry het. Hulle het by die tempels gewerk. Maar daar sal mense wees wat hierdie goed sal steel en op ander plekke sal gebruik om vir prostitute te betaal.’”
Lees Miga 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 1:2-7
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's