Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg: “Wanneer mense vir julle kos gee, dan sê julle daar sal vrede wees, en wanneer hulle nie vir julle kos gee nie, dan sê julle daar sal oorlog kom.” Daarom sal dit nag word vir julle. Die Here sal nie vir julle wys wat sal gebeur nie. Die son sal ondergaan vir die profete. Dit sal donker word vir hulle. Die profete dink hulle weet wat sal gebeur, maar hulle sal nie weet wat om te sê nie, want God sal nie met hulle praat nie. Net ek, Miga, is sterk. Die Gees van die Here het my sterk gemaak. Ek weet wat is reg, en ek is nie bang om vir die Israeliete te sê dat hulle sonde gedoen het nie.
Lees Miga 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 3:5-8
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's