So sê die Here oor die profete wat my volk verlei, die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry, en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar: Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie, donkerte, nie 'n voorspelling nie. Die son sal ondergaan vir hierdie profete, die dag sal pikdonker word oor hulle. Die sieners sal teleurgestel staan, die voorspellers sal bedroë daarvan afkom. Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou, want God sal nie antwoord nie. Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
Lees MIGA 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 3:5-8
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's