Jerusalem, hoekom skree jy? Hoekom kry jy seer soos 'n vrou wat 'n kind kry? Is jou koning weg? Is die mense weg wat vir jou moet sê wat om te doen? Jy moet seerkry, jy moet skree soos 'n vrou wat 'n kind kry, want jou mense moet uit die stad gaan. Hulle moet in die veld gaan woon en dan na die stad Babel gaan. Die Here sê: “Daar in Babel sal Ek julle red, Ek sal julle vrymaak van julle vyande.” Baie volke het gekom om oorlog te maak teen julle. Hulle sê: “Ons sal die stad oorwin, ons sal sy mure afbreek!” Maar hulle weet nie wat die Here met hulle wil doen nie, hulle verstaan nie die Here se planne nie. Die Here het die volke bymekaargebring soos 'n boer koring-gerwe bymekaarbring op die dorsvloer. Nou moet die mense van Jerusalem die volke trap soos beeste die koring-gerwe trap. Die Here sê: “Ek gee vir hulle ysterhorings en brons-pote. Dan kan hulle die volke fyntrap en hulle kan die volke se goed vat en vir My present gee.” Die volke se goed sal behoort aan die Here van die hele aarde.
Lees Miga 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 4:9-13
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's