Waarom skree jy dan nou so hard? Het jy nie meer 'n koning nie? Of het jou raadgewer verdwyn, sodat pyn jou oorval het soos 'n vrou wat geboorte skenk? Krimp ineen en skreeu dit uit, dogter van Sion, soos iemand met geboortepyne! Want nou sal jy die stad moet verlaat en in die veld gaan woon. Jy sal na Babilonië gaan: Daar sal jy gered word; daar sal die HERE jou uit die hand van jou vyande verlos. “Maar nou span baie nasies teen jou saam, hulle wat sê, ‘Laat Sion maar ontheilig word; ons sal dit met genoegdoening aanskou.’ Húlle weet egter nie wat die HERE beplan nie en hulle verstaan nie sy besluite nie, dat Hy hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargemaak het. ‘Staan op en dors die gerwe, dogter van Sion, want Ek maak jou horing van yster en jou hoewe maak Ek van brons. Jy sal baie nasies vertrap! Jy sal hulle buit aan die HERE toewy, al hulle rykdom aan die Heer van die hele aarde. ’ ”
Lees Miga 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 4:9-13
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's