Maar ek sal wag totdat die Here kom, ek sal wag totdat my God my kom red. My God sal luister na my gebed. Die mense van Jerusalem sê vir hulle vyande: “Julle moenie bly wees omdat dit so sleg gaan met ons nie. Ons het geval, maar ons sal weer opstaan. Ons sit in die donker, maar die Here is ons lig. Ons het sonde gedoen teen die Here, en daarom sal ons tevrede wees wanneer Hy ons straf. Maar Hy sal ons weer help. Hy sal dit goed laat gaan met ons. Hy sal die donker wegvat en Hy sal ons na die lig bring. Hy sal ons red.” Die mense van Jerusalem sê
Lees Miga 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Miga 7:7-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's