Psalms 1:1-2

Psalms 1:1-2 ABA

Dit gaan goed met 'n mens wat nie luister na mense wat verkeerd doen nie, wat nie doen wat sondaars doen nie, en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie. Dit gaan goed met 'n mens wat lief is vir wat die Here sê, 'n mens wat elke dag en nag dink aan wat die Here sê.