Dit is goed om vir die Here dankie te sê, om te sing vir U, Hoogste God, om elke môre te sê dat U doen wat U belowe, om elke nag te sê dat U dieselfde bly. Ek doen dit met 'n tiensnaar-harp, en met die musiek van 'n lier, want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak, ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het. Here, dit is groot dinge wat U gedoen het, die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan. Dom mense, dwase, weet nie en hulle verstaan nie dat mense wat verkeerd doen, soos plante groei nie, hulle verstaan nie dat dit goed gaan met al die mense wat slegte dinge doen, maar dat hulle vir altyd sal sterf nie. Maar Ú, Here, U regeer altyd oor alles.
Lees Psalms 92
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 92:2-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's