Hy sê: “My liefste, jy moet luister, jy is mooi,
luister, jy is mooi,
jou oë is soos duiwe agter jou sluier,
jou hare is soos 'n trop bokke wat afkom teen Gilead-berg.
Jou tande is soos 'n trop skaap-ooie,
skape wat skoon gewas en geskeer is.
Elke ooi het tweeling-lammers, en almal het lammers.
Jou lippe is soos bloedrooi lint, jou mond is mooi,
jou wange is soos stukke granaat agter jou sluier.
Jou nek is soos die toring van Dawid
met sy klippe in rye,
daar hang 1 000 skilde aan die toring,
dit is almal skilde van spesiale manne.
Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,
soos die tweeling-lammers van 'n gasel
wat tussen die blomme wei.
Ek sal na die mirre-berg gaan,
na die wierook-heuwel
totdat die aandwind waai en die skaduwees verdwyn.
My liefste, alles van jou is mooi,
daar is niks foute aan jou nie.”
Hy sê: “Bruid, kom saam met my van die Libanon-berg,
jy moet saam met my kom van die Libanon-berg,
jy moet afkom van bo-op die Amana-berg,
van bo-op die Senir-berg en die Hermon-berg,
weg van die plekke waar die leeus woon,
weg van die berge van die luiperds.”
Hy sê: “My suster, my bruid,
jy het my opgewonde gemaak,
jy het my hart vinnig laat klop
toe jy net een maal na my gekyk het,
net een stukkie van die ketting om jou nek
het my opgewonde gemaak.
My suster, my bruid, jou liefde is soet,
jou liefde is lekkerder as wyn,
jou olie ruik lekkerder as al die kruie.
My bruid, jou lippe proe soos stroop,
daar is heuning en melk onder jou tong,
jou klere ruik na die Libanon-berg.”