1 Petrus 5:8-11

1 Petrus 5:8-11 AFR20

Wees nugter, wees waaksaam! Julle teenstander, die Duiwel, loop rond “soos 'n brullende leeu”, op soek na wie hy kan verslind. Hom moet julle teenstaan, standvastig in die geloof, in die wete dat julle medegelowiges oor die hele wêreld dieselfde soort lyding verduur. Maar al moes julle vir 'n kort tydjie ly, sal die God van alle genade, wat julle tot sy ewige heerlikheid in •Christus Jesus geroep het, julle herstel, bemagtig, versterk en stewig vestig. Aan Hom die krag tot in ewigheid. •Amen.