1 Thessalonisense 5:1-3

1 Thessalonisense 5:1-3 AFR20

Oor die tye en geleenthede, broers, is dit nie nodig dat ons aan julle skryf nie, want julle weet self baie goed dat die dag van die Here soos 'n dief in die nag kom. Wanneer hulle sê, “Daar is vrede en veiligheid,” kom daar skielik vernietiging oor hulle, soos geboortepyne 'n swanger vrou oorval, en hulle sal beslis nie ontkom nie.