2 Kronieke 29:1-2
2 Kronieke 29:1-2 AFR20
Hiskia was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het nege-en-twintig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Abi, dogter van Sagaria. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, net soos sy voorvader Dawid gedoen het.

