2 KRONIEKE 29:1-2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

2 KRONIEKE 29:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, 'n dogter van Sagaria. Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg.

2 KRONIEKE 29:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

JEHISKÍA het, vyf-en-twintig jaar oud, koning geword en negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.

2 KRONIEKE 29:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hiskia was 25 jaar oud toe hy koning van Juda geword het. Hy het 29 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Abia, dogter van Sagaria. Hy het gedoen wat reg was vir die HERE, net soos sy voorvader Dawid gedoen het.

2 KRONIEKE 29:1-2 DB (Die Boodskap)

Hiskia was 25 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het 29 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Abia, ’n dogter van Sagaria. Hy het die Here gedien, net soos Dawid.

2 KRONIEKE 29:1-2 ABA (Bybel vir almal)

Hiskia het koning geword toe hy 25 jaar oud was, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Abija dogter van Sagaria. Hiskia het dinge gedoen waarvan die Here hou, hy het alles gedoen soos sy voorvader Dawid gedoen het.

2 KRONIEKE 29:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hiskia was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het nege-en-twintig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Abi, dogter van Sagaria. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die HERE, net soos sy voorvader Dawid gedoen het.

2 KRONIEKE 29:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig jaar oud was, en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaria. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Dawid gedoen het.