2 Kronieke 29:1-2
2 Kronieke 29:1-2 CAB23
Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig jaar oud was, en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaria. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Dawid gedoen het.

