Prediker 7:13-14
Prediker 7:13-14 AFR20
Kyk na die werk van God: Wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? As dit die dag goed gaan, geniet die voorspoed, maar as dit die dag sleg gaan, besef: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie een; gevolglik kan die mens nie enigiets ontdek wat in die toekoms wag nie.


