Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PREDIKER 7:13-14 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PREDIKER 7:13-14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Kyk na die werk van God: wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

PREDIKER 7:13-14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.

PREDIKER 7:13-14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Kyk hoe God te werk gaan: Wie kan iets reguit maak wat Hy krom gemaak het? Geniet die dag van voorspoed. Maar wanneer teëspoed kom, onthou, God gee die een sowel as die ander sodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie.

PREDIKER 7:13-14 DB (Die Boodskap)

Kyk na God se werk in die wêreld. Wie kan reguit buig wat Hy krom gemaak het? God laat die goeie en die slegte gebeur. Of dit goed of sleg gaan, onthou, albei kom van God af. Niemand weet wat môre of oormôre gaan gebeur nie.

PREDIKER 7:13-14 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet goed kyk hoe God dinge gemaak het, want as Hy iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie. Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat 'n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.

PREDIKER 7:13-14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Kyk na die werk van God: Wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? As dit die dag goed gaan, geniet die voorspoed, maar as dit die dag sleg gaan, besef: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie een; gevolglik kan die mens nie enigiets ontdek wat in die toekoms wag nie.

PREDIKER 7:13-14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk na die werk van God, want wie kan dit regmaak wat Hy krom gemaak het? Wees bly op die dag van voorspoed, maar let op in die dag van teëspoed: God het ook die een teenoor die ander gestel, sodat die mens niks ná hom sou vind nie.