By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges. Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak – hiervoor is ek 'n gesant in kettings – sodat ek vrymoedig daaroor kan praat soos ek moet. Sodat julle kan weet wat my omstandighede is, en wat ek doen – alles sal Tigikus, die geliefde broer en getroue dienskneg van die Here, julle vertel. Juis hiervoor stuur ek hom na julle, sodat julle van ons omstandighede kan weet, en sodat hy julle harte kan bemoedig. Vrede vir die broers, en liefde en geloof van God die Vader, en van die Here, Jesus •Christus. Sy genade bly met almal wat vir ons Here Jesus Christus onverganklik liefhet.
Lees Efesiërs 6
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Efesiërs 6:18-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's