Die HERE het vir Moses en Aäron gesê: “Dit is die vaste voorskrif vir die Pasga: Geen buitelander mag daarvan eet nie. Maar enige slaaf wat deur iemand met silwer gekoop is, mag, nadat jy hom besny het, daarvan eet. Geen bywoner of huurarbeider mag daarvan eet nie. Dit moet in een huis geëet word. Jy mag nie van die vleis uit die huis na buite neem nie. 'n Been daarin mag julle nie breek nie. Die hele volksvergadering van Israel moet dit vier. “ Wanneer 'n vreemdeling tydelik by jou is, en hy wil die Pasga vier tot eer van die HERE, moet al die manlike persone by hom besny word. Dan mag hy nader kom om dit te vier, en sal hy soos 'n gebore Israeliet wees. Enigiemand wat nie besny is nie, mag daarvan nie eet nie.
Lees Eksodus 12
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Eksodus 12:43-48
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's