Eksodus 12:43-48

Eksodus 12:43-48 DB

Die Here het vir Moses en Aäron nog meer reëls vir die paasviering gegee: “As iemand nie ’n Israeliet is nie, mag hy nie saam die paaslam eet nie. ’n Slaaf wat met geld gekoop is, mag daarvan eet, maar hy moet reeds besny wees. Iemand wat net vir ’n tyd in die land bly, of gehuur is om ’n bepaalde stuk werk te doen mag nie saam eet nie. Die paaslam moet in die huis geëet word waar dit geslag is. Daar mag niks van die vleis uit daardie huis weggevat word nie. Die bene van die paaslam moet nie gebreek word nie. Almal in die gemeenskap moet aan die fees deelneem. Wanneer daar buitelanders is wat onder julle woon en hulle wil saam met julle die paasfees van die Here vier, moet al hulle mans eers besny word. Hulle sal dan as Israeliete beskou word wat saam met julle paasfees mag vier. Iemand wat nog glad nie besny is nie, mag ook nie die paasfees eet nie.