Esegiël 21:28-32

Esegiël 21:28-32 AFR20

“En jy, mensekind, profeteer en sê, ‘So sê my Heer, die HERE, oor die Ammoniete en hulle bespotting. ’ Sê dan, ‘Swaard, swaard getrek vir 'n slagting, blink gevryf vir vernietiging, sodat jy 'n weerligstraal is – terwyl visioene oor jou vals is, die voorspelling oor jou leuens is, plaas hy jou op die nekke van die onheilige goddeloses, hulle wie se dag gekom het in die tyd van finale straf. “ ‘Sit dit terug in sy skede! Op die plek waar jy gemaak is, swaard, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel. Ek sal my verontwaardiging oor jou uitstort, die vuur van my gramskap sal Ek teen jou aanblaas. Ek sal jou oorgee in die hand van woeste mense, vakmanne van vernietiging. Jy is vir die vuur bestem om verteer te word; jou bloed sal in jou eie grond wees, jy sal nie meer onthou word nie, ja, Ek, die HERE, het gepraat.’ ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Esegiël 21:28-32