Die stukke hout waarop jy skryf, moet voor hulle oë in jou hand wees, en dan moet jy vir hulle verklaar, ‘So sê my Heer, die HERE: “Kyk, Ek gaan die Israeliete wegneem tussen die nasies waarheen hulle gegaan het. Ek sal hulle byeenbring van oraloor en hulle na hulle grond bring. Ek sal hulle een nasie maak in die land op die berge van Israel, en een koning sal oor hulle almal koning wees. Hulle sal nie meer twee nasies wees, en hulle sal nooit weer verdeel wees in twee koninkryke nie. Hulle sal hulleself nie meer verontreinig met hulle afgodsbeelde en hulle verfoeilike afgode, ja, met al hulle oortredings nie. Ek sal hulle verlos van al hulle afvalligheid waardeur hulle gesondig het. Ek sal hulle reinig; dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. My dienskneg Dawid sal koning wees oor hulle, en daar sal een herder vir hulle almal wees. My bepalings sal hulle volg, en my vaste voorskrifte sal hulle nakom en dit uitvoer. Hulle sal woon in die land wat Ek aan my dienskneg, aan Jakob, gegee het – die land waarin julle voorouers gewoon het. Hulle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en kleinkinders, vir altyd; en Dawid, my dienskneg, sal vir hulle 'n leier wees vir altyd. “ ‘ “ Ek sal met hulle 'n vredesverbond sluit – dit sal 'n ewige verbond met hulle wees. Ek sal hulle vestig en hulle baie laat word, en Ek sal my heiligdom tussen hulle vestig, vir altyd. My woning sal by hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir my 'n volk wees. Die nasies sal besef dat Ek die HERE is wat Israel heilig, wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle sal wees.” ’ ”
Lees Esegiël 37
Deel
Vergelyk alle weergawes: Esegiël 37:20-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's