By die Ahawarivier het ek toe 'n vastyd uitgeroep. Die bedoeling was dat ons onsself voor ons God sou verootmoedig om van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir onsself, ons afhanklikes en al ons besittings, omdat ek te skaam was om van die koning soldate en perderuiters te vra om ons op die pad te beskerm teen vyande. Ek het immers vir die koning gesê: “Die hand van ons God is ten goede uitgestrek oor almal wat Hom raadpleeg, maar sy mag en sy toorn tref almal wat Hom verlaat.” Ons het toe gevas en hieroor ons God se hulp gevra en Hy het ons gebede verhoor.
Lees Esra 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Esra 8:21-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's