Genesis 20:6-7

Genesis 20:6-7 AFR20

God het vir hom in sy droom gesê: “Ook Ek weet dat jy hierdie ding met 'n eerlike hart gedoen het. En Ek het jou dan ook daarvan weerhou om teen My te sondig. Daarom het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie. Gee nou die man se vrou terug. Hy is immers 'n profeet, en hy sal vir jou bid, sodat jy kan bly leef. Maar as jy haar nie teruggee nie – weet dan dat jy beslis sal sterf, jy en almal wat aan jou behoort.”