Rigters 12:5-6

Rigters 12:5-6 AFR20

Gilead het die driwwe van die Jordaan na Efraim beset. Wanneer een van die vlugtelinge van Efraim dan sê, “Ek wil oorgaan,” sê die manne van Gilead vir hom: “Is jy 'n Efraimiet? ” As hy sê, “Nee,” dan sê hulle vir hom: “Sê bietjie ‘sjibbolet.’ ” En as hy sê “sibbolet,” en nie daarop bedag is om dit reg uit te spreek nie, dan het hulle hom gegryp en hom keelaf gesny by die driwwe van die Jordaan. In dié tyd het daar twee-en-veertigduisend man uit Efraim geval.