Jeremia 1:5-10

Jeremia 1:5-10 AFR20

“Nog voordat Ek jou gevorm het in die baarmoeder, het Ek jou geken; nog voordat jy uitgegaan het uit die moederskoot, het Ek jou geheilig. As profeet vir die nasies het Ek jou bestem. ” Daarop het ek gesê: “Ag, my Heer, die HERE, kyk, ek weet nie hoe om te praat nie, want ek is nog 'n kind. ” Maar die HERE het vir my gesê: “Moenie sê, ‘Ek is nog 'n kind’ nie, want na wie ook al Ek jou stuur, moet jy gaan, en wat ook al Ek jou beveel, moet jy sê. Jy moet nie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te red,” is die uitspraak van die HERE. Die HERE het toe sy hand uitgesteek en my mond aangeraak. Die HERE het vir my gesê: “Kyk, Ek lê my woorde in jou mond. “Let op, Ek stel jou vandag aan oor nasies en koninkryke om uit te ruk en af te breek, om ten gronde te laat gaan en plat te slaan, om te bou en te plant.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jeremia 1:5-10