“ ‘Kyk, daar kom dae,’ is die uitspraak van die HERE, ‘wanneer Ek die goeie belofte wat Ek oor die huis van Israel en die huis van Juda uitgespreek het, gestand sal doen. “In daardie dae en in daardie tyd sal Ek vir Dawid 'n spruit van geregtigheid laat opskiet, en hy sal doen wat reg en billik is in die land. In daardie dae sal Juda verlos word en Jerusalem sal veilig woon. En dit is wat sy genoem sal word: Die HERE is ons geregtigheid.’ “Ja, so sê die HERE, ‘Daar sal nie vir Dawid 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie; en vir die Levitiese priesters sal daar nie voor My 'n man ontbreek wat altyd •brandoffers bring, •graanoffers verbrand en •maaltydoffers offer nie.’ ”
Lees Jeremia 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jeremia 33:14-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's