Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die goeie belofte sal nakom wat Ek aan Israel en Juda gemaak het. In daardie dae, in daardie tyd, sal Ek vir Dawid 'n wettige afstammeling gebore laat word en hy sal in die land reg laat geskied en reg doen. In daardie dae sal Juda gered word en Jerusalem sal onbesorg woon en genoem word: Die Here verskaf reg aan ons. So sê die Here: Iemand uit die huis van Dawid sal altyd op die troon van Israel sit, en daar sal altyd Levitiese priesters wees om offers te bring: brandoffers en graanoffers.
Lees JEREMIA 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JEREMIA 33:14-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's