So sê die HERE oor die profete wat my volk mislei, wat vrede verkondig as hulle iets te ete kry; maar as iemand hulle nie iets in die mond stop nie, 'n oorlog teen hom heilig: “ Daarom, dit sal vir julle nag wees, sonder visioene, ja, donker, sonder voorspellings. Die son sal ondergaan vir die profete, die dag sal vir hulle pikdonker wees. Die sieners sal in die skande gesteek word, die voorspellers sal beskaamd staan. Hulle sal almal hulle snorre bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.” Maar ek, ek is gevul met krag, met die Gees van die HERE, met 'n sin vir geregtigheid en die moed, om aan Jakob sy opstand en aan Israel sy sonde bekend te maak
Lees Miga 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 3:5-8
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's