Psalms 3

3
BOEK EEN
(Ps 3 – 41)
1'n Psalm. Van Dawid. Toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.
2 Here, hoe het my teenstanders
vermeerder!
Baie staan teen my op.
3Baie sê van my:
“Daar is geen redding vir hom
by God nie.”
4Maar U, Here, is vir my 'n skild
aan alle kante;
U is my eer,
en die Een wat my kop hoog hou.
5Wanneer ek hard roep na die Here,
antwoord Hy my
van sy •heilige berg af. •Sela
6Ek kan gaan lê, aan die slaap raak
en wakker word,
want die Here onderskraag my.
7Ek is nie bang vir tienduisende
manskappe wat reg rondom my
teen my stelling inneem nie.
8Staan op, Here, verlos my, my God,
want U het al my vyande
op die wang geslaan;
die tande van die goddeloses
het U gebreek.
9By die Here is daar redding;
op u volk rus u seën. Sela

Tans Gekies:

Psalms 3: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan