Psalms 82

82
1'n Psalm. Van Asaf.
God gaan staan in die vergadering
van die gode;
in die teenwoordigheid van
die gode lewer Hy uitspraak:
2“Hoe lank gaan julle nog
onregverdig oordeel
en vir goddeloses
partydig wees? •Sela
3Handhaaf die reg van hulpeloses
en vaderloses;
laat reg geskied aan magteloses
en armes.
4Bevry hulpeloses en behoeftiges,
red hulle uit die mag van goddeloses.
5“Hulle weet niks nie
en hulle verstaan nie,
hulle verkeer in die duister.
Al die fondamente van die aarde wankel.
6“Ek self het gesê julle is gode,
seuns van die Allerhoogste,
julle almal.
7Maar, soos mense sal julle sterf,
soos enige leier sal julle val.”
8Staan op, o God,
oordeel die aarde,
want U het besitreg oor al die nasies.

Tans Gekies:

Psalms 82: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan