In die vierde regeringsjaar van koning Darius, op die vierde dag van die negende maand, Kislef, was dít die woord van die HERE aan Sagaria. Bet-El het Sar-Eser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die HERE se guns te soek. Hulle moes vir die priesters van die huis van die HERE, Heerser oor alle magte, en vir die profete vra: “Moet ek nog in die vyfde maand huil terwyl ek my van baie dinge onthou, soos ek so baie jare lank gedoen het?” Toe was dít die woord van die HERE, Heerser oor alle magte, aan my: “ Sê vir die hele volk van die land en vir die priesters, ‘Toe julle in hierdie sewentig jaar in die vyfde en sewende maand gevas en gerou het, het julle werklik om my ontwil gevas? En wanneer julle eet en wanneer julle drink, eet en drink julle nie net soos gewoonlik nie?’
Lees Sagaria 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Sagaria 7:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's