Matteus 10:39-42

Matteus 10:39-42 CAB23

Hy wat sy lewe vind, sal dit verloor; en hy wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Wie julle ontvang, ontvang My, en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Hy wat 'n profeet in die naam van 'n profeet ontvang, sal 'n profeet se beloning ontvang; en hy wat 'n regverdige ontvang in die naam van 'n regverdige, sal 'n regverdige se beloning ontvang. En elkeen wat aan een van hierdie kleintjies 'n beker koue water net in die naam van 'n dissipel te drinke gee, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal geensins sy beloning verloor nie.